Al Wat Ek Weet

Die bekroonde filmmaker-duo Devon Delmar en Jason Jacobs het met die verfilming van Marita van der Vyver se jeugroman Al wat ek weet nie net afgewyk van die fokus op eie stories nie, maar ook die platteland vir die stad verruil, spesifiek Kaapstad.

Scroll down for English translation

Ná die dood van sy ma woon die tiener Gabriel (Jonan Mouton) by sy antie Lotta (Zenobia Kloppers) en ouma Lenie (June van Merch) in Springfield Terrace in Woodstock. Weens sy houding stoot hy mense weg, en in terapie onderdruk hy sy rou-proses deur eerder op fantasieë te fokus. Sy lewe begin ’n nuwe rigting inslaan ná hy Sasha (Antoinette Myburgh) ontmoet. Om haar te beïndruk, besluit hy om deel te neem aan ’n nasionale digkuns-kompetisie, nou moet hy nog net die gedigte skryf…

Wanneer ’n motorongeluk sy ma se lewe eis en sy pa hom in ’n kliniek van die lewe onttrek, word die sewentienjarige Gabriel Lombard uit sy groen, boomryke voorstad teen Tafelberg ontwortel en gestuur om by sy antie Lotta en ouma Lenie in ’n beknopte huis in Woodstock te gaan woon. Vasbeslote om nie soos sy pa in duie te stort nie, begrawe hy sy verdriet agter ’n koel fasade, wilde leuens en ’n ooraktiewe verbeelding, waarin ’n Kaapse Klopse-blaasorkes hom deur die strate jaag. In terapie ontmoet hy vir Sasha en raak verlief op haar. Om nader aan haar te kom, word hy oorreed om aan die skool se slam-poësie-kompetisie deel te neem. Maar hoe nader die kompetisie kom, hoe harder beur sy onderdrukte verdriet na die oppervlak, totdat die seun wat van alles weghardloop uiteindelik moet omdraai om sy rou in die oë te kyk.


Vrae vir Devon Delmar en Jason Jacobs, mede-draaiboekskrywers en mede-regisseurs

Die bekroonde filmmaker-duo Devon Delmar en Jason Jacobs het met die verfilming van Marita van der Vyver se jeugroman Al wat ek weet nie net afgewyk van die fokus op eie stories nie, maar ook die platteland vir die stad verruil, spesifiek Kaapstad.

Ná die dood van sy ma woon die tiener Gabriel (Jonan Mouton) by sy antie Lotta (Zenobia Kloppers) en ouma Lenie (June van Merch) in Springfield Terrace in Woodstock. Weens sy houding stoot hy mense weg, en in terapie onderdruk hy sy rou-proses deur eerder op fantasieë te fokus. Sy lewe begin ’n nuwe rigting inslaan ná hy Sasha (Antoinette Myburgh) ontmoet. Om haar te beïndruk, besluit hy om deel te neem aan ’n nasionale digkuns-kompetisie, nou moet hy nog net die gedigte skryf…

Al wat ek weet is die derde speelfilm van die duo. Die ander is die bekroonde Carissa en Variasies op ’n Tema, wat ook by vanjaar se Silwerskermfees vertoon word. Dit word van 19 tot 22 Augustus in Kaapstad aangebied.

Vrae vir Devon Delmar en Jason Jacobs, mede-draaiboekskrywers en mede-regisseurs

Julle vorige twee speelfilms is oorspronklike of eie stories, wat het julle laat besluit om Marita van der Vyver se jeugroman te verwerk en te verfilm?

Ons vorige rolprente is oorspronklike stories geïnspireer deur die gemeenskappe van Wupperthal en Kharkams en hul persoonlike en alledaagse lewens, of uitkyk op die lewe. Die skuif na meer kommersiële en bestaande fiksie (in dié geval Marita se boek) was natuurlik, maar dra ook ’n groot gemeenskapselement waar ons intiem met die Springfield Terrace-gemeenskap in Woodstock gewerk het.

In die jeugroman het Gabriel se reis van diep rou tot om oor te begin ons die meeste getref. Dinge raak baie donker vir hom naby die einde, maar daar is ook hoop. Van lekker lag kom lekker huil. Ons sien ook baie van onsself in hom, veral omdat ons ook so hardkoppig was as tieners wat gesukkel het om oor ons gevoelens te praat. Ons hoop jonger mans sal aanklank vind daarby. Ons leef steeds in ’n tyd waar ons nie genoeg veilige ruimtes vir tieners skep om eerlik te wees oor wat regtig in hul harte aangaan nie.

Wat is die belangrikste temas van Al wat ek weet? Die boek is voorgeskryf vir hoërskoolleerlinge, maar die verhaal behoort volgens julle wyd aanklank te vind. Wei asseblief uit hieroor.

Daar is temas en idees oor identiteit, grootword, gebroke families en die uitdagings van jong liefde – temas wat hoërskoolleerlinge sal verstaan en waarby hulle aanklank sal vind. Vir ons ouer gehore is daar die boodskap van die hoop vir herstel (dat dit wel moontlik is).

Die roman en film duik kop eerste in wat betref baie ongemaklike kwessies wat vandag se jong stedelike mense beïnvloed. Krisisse van manlikheid, geestesgesondheid, klas, ras, rou en seksualiteit. Al die temas speel af teen die agtergrond van ’n moderne Suid-Afrika te midde van die verwarring waarin ons vandag verkeer.

Dit is ook ’n viering van ons kleurryke nasie en ons hoop die film sal ons aanmoedig om saam te staan en ons laat besef ons is nie so verskillend van mekaar nie. Baie van ons ken die seer van om ’n ma te verloor, hoe moeilik dit kan raak om na ons grootouers om te sien asook die koste van versoening en vergifnis.

In wese is dit ’n gesinsdrama – vertel met fyn aanvoeling, warm humor, magiese elemente – oor mense wat ons almal ken en liefhet.

Dit is ’n skuif van ’n plattelandse milieu in die vorige films na die stad, veral Woodstock in Kaapstad. Was dit ’n groot aanpassing?

In die platteland het jy die voordeel van ’n meer gefokusde produksie op stel, maar nadele soos dat daar nie die belangrike hulpbronne is wat die stad jou bied nie. Die proses om in die stad te verfilm was ’n groot leerskool, maar met die ervaring van Annemarie du Plessis en Meria Productions as die vervaardiger en produksiemaatskappy is daar na almal se belange omgesien.

Ons werk as ’n “span”. Ons is bereid om onsself op baie vlakke uit te daag in wat nodig is om stories suksesvol en op ’n eerlike manier oor te dra. Ons plaas altyd al ons vertroue in akteurs, want hulle is die finale dryfkrag en weerspieël die bedoelinge van die hart van die karakters.

Hoe is dit om so saam-saam te werk? Hoe pak julle dit aan in die proses van skryf – sit julle om dieselfde tafel? En die regie – is dit volgens konsensus? Verskil julle ooit van mening?

Ons deel die verantwoordelikhede as mede-outeurs en -regisseurs. Agt jaar, skaars twee duskant ’n dekade, bou ons met respek en aaneenlopend ’n vertroue en sekerheid in mekaar.

Met elke projek moet ons van voor af leer hoe om te skryf – elke wêreld waarin ons instap, is ’n nuwe een, en dit is amper asof ons vir elke nuwe storie van nuuts af moet leer hoe om saam te werk. Amper seisoenaal. Dít is die vreugde én die wonder daarvan. Ons leer steeds hoe om saam te werk en dit is daarom belangrik om aan te hou. Dit is moeilik om te verduidelik (wat ons metodes is), want elke keer moet ons nederig die proses aanpak. En elke proses is uniek, hoewel daar soortgelyke elemente is wat ons toepas wanneer of skryf of direct. Dit is magies, selfs vir ons, gegewe ons opwindend verskillende agtergronde en upbringings. Al wat ons met enige sekerheid kan sê, is dat daar ’n soort kosmiese alignment aanhou groei in die manier hoe ons ons ding doen, en wat ’n eer en voorreg is dit nie, veral in vandag se tyd.

Jason, jy was die Nasionale Kunstefees se Standard Bank Jong Kunstenaar vir toneel in 2026, waar jy die produksie Kraal aangebied het. Hoe belangrik is teaterwerk vir jou? Wat kan jy daarmee sê wat jy nie met film kan sê nie?

Dit is vir my ’n groot eer om steeds teaterwerk te kan doen, en intentionally stories oor my mense te kan produce vir teater. Dit bied jou ook die geleentheid om iets oor ’n langer tydperk te ontwikkel.

Kraal het reeds in 2022 by die Woordfees sy debuut gehad, waar ek met my pa kon saamwerk. Ná my pa se afsterwe het ek soos Gabriel in ’n diep emosionele donker gat geval en ek kon vir baie lank nie aan my eie stories raak nie. Maar tyd genees en teater gee mens kans om stadig en statig deur jou rou te werk. Kraal het tot so ’n mate gegroei dat ons drie nuwe skeppings kon uitdink: ’n nuwe weergawe van die eenpersoonvertoning, die opslaan van ’n inheemse matjieshuis asook die ontwikkeling van ’n kort dokumentêr wat ’n gedeelte van die Kamiesberg-erfenis eer.

Teater gee jou meer vryheid om buite die boks te dink, maar die belangrikste element is hoe teater en stories ’n live audience op ’n meer intieme manier nader aan mekaar kan bring. Teater beteken ook baie vir die mense wat dit skep. Want die storie bly vir jare by jou.

Ek is opgewonde oor die toekoms van teater, al is ek nog maar ’n groentjie as dit kom by die stories oor identiteit en erfenis van die Kamiesberg en Namakwaland wat ek aanhou wil vertel.

Wat lê voor vir die span van Kraal (die produksiemaatskappy)? Het julle een of ander groot droom?

Kraal is ’n beweging na meer inklusiewe stories wat ons almal met mekaar verbind. Ons word gelei deur ons intuïsie en ons bly luister na die stories wat op die wind oorgedra word.

Enigiets anders wat julle met die kykers wil deel?

Al wat ek weet se speelfilm is ’n ode aan die kleurryke persoonlikhede van ons as mense. Mense vol hart, trots en passie. Benjamin Jephta se oorspronklike klankbaan, geïnspireer deur die Kaapse Klopse en sy eie jazztaal, gaan gehore lank bybly. Die film hanteer ernstige temas met sensitiwiteit, maar dit is ook vol pret en humor en dit is ons liefdesbrief aan Huri ǂOaxa (Tafelberg) en die mense wat sy beskerm.

Questions for Devon Delmar and Jason Jacobs, co-screenwriters and co-directors

With the adaptation of Marita van der Vyver’s young adult novel Al wat ek weet, the award-winning filmmaker duo Devon Delmar and Jason Jacobs have not only departed from their focus on original stories but have also shifted from the rural setting to the city – specifically Cape Town.

After the death of his mother, teenager Gabriel (Jonan Mouton) lives with his aunt Lotta (Zenobia Kloppers) and grandmother Lenie (June van Merch) in Springfield Terrace in Woodstock. Due to his attitude, he pushes people away, and in therapy he suppresses his grieving process by focusing on fantasies instead. His life veers in a new direction after he meets Sasha (Antoinette Myburgh). To impress her, he decides to enter a national poetry competition – now he just needs to write the poems…

Your previous two feature films are original or personal stories – what made you decide to adapt and film Marita van der Vyver’s young adult novel?

Our previous films are original stories inspired by the communities of Wupperthal and Kharkams and their personal and everyday lives – their outlook on life. The shift towards more commercial and existing fiction (in this case Marita’s book) was a natural one, but it also carries a strong community element in that we worked intimately with the Springfield Terrace community in Woodstock.

In the young adult novel, what struck us most was Gabriel’s journey: from being grief-stricken to starting over. Things get very dark for him near the end, but there is also hope. Laughter and tears go hand in hand. We also see a great deal of ourselves in him, especially because we were just as stubborn as teenagers who struggled to talk about our feelings. We hope younger men will identify with it. Even today, we do not create enough safe spaces for teenagers to be honest about what is really going on in their hearts.

What are the most important themes of Al wat ek weet? The book is prescribed for high school learners, but you believe the story should resonate with a wider audience. Please elaborate.

There are themes and ideas around identity, growing up, broken families, and the challenges of young love – themes that high school learners will understand and relate to. For our older audiences, there is the message of hope for healing – that it is indeed possible.

The novel and film dive headfirst into many uncomfortable issues affecting today’s young urban people: crises of masculinity, mental health, class, race, grief, and sexuality. All these themes play out against the backdrop of a modern South Africa amidst the confusion in which we find ourselves today.

It is also a celebration of our colourful nation, and we hope the film will encourage us to stand together and make us realise we are not so different from one another. Many of us know the pain of losing a mother, how difficult it can be to care for grandparents, as well as the cost of reconciliation and forgiveness.

In essence, it is a family drama – told with delicate sensitivity, warm humour, and magical elements – about people we all know and love.

It is a shift from a rural setting in the previous films to the city – specifically Woodstock in Cape Town. Was it a major adjustment?

In the rural areas you have the advantage of a more focused production on set, but the disadvantage of important resources not being readily available. The process of filming in the city was a major learning curve, but with the experience of Annemarie du Plessis and Meria Productions as the producer and production company, everyone’s interests were taken care of.

We work as a “team”. We are willing to challenge ourselves on many levels in what is needed to convey stories successfully and honestly. We always place our complete trust in our actors, because they are the ultimate driving force and carry everyone’s intentions at heart.

What is it like to work so closely together? How do you approach the writing process – do you sit at the same table? And with directing – is it by consensus? Do you ever disagree?

We share the responsibilities as co-authors and co-directors. Eight years – barely two short of a decade – we have been continuously and respectfully building trust and certainty in each other.

With every project we have to learn anew how to write – every world we step into is a new one, and it is almost as if we have to learn how to work together from scratch for every new story. Almost seasonally. That is the joy and the wonder of it. We are still learning how to work together, and that is why it is important to keep going. It is difficult to explain what our methods are, because every time we must approach the process with humility. And every process is unique, although there are similar elements we apply whether writing or directing. It is magical, even for us, given our excitingly different backgrounds and upbringings. All we can say with any certainty is that there is a kind of cosmic alignment that keeps growing in the way we do our thing – and what an honour and privilege it is, especially in today’s times.

Jason, you were the National Arts Festival’s Standard Bank Young Artist for theatre in 2026, where you presented the production Kraal. How important is theatre work to you? And what can you say with it that you cannot say with film?

It is a great honour for me to still be able to do theatre work and to intentionally produce stories about my people for the stage. It also offers you the opportunity to develop something over a longer period of time.

Kraal already made its debut at the Woordfees in 2022, where I was able to work with my father. After my father’s passing, I fell – like Gabriel – into a deep emotional dark place, and for a long time I could not touch my own stories. But time heals, and theatre gives one the chance to work through one’s grief slowly and with dignity. Kraal has grown to such an extent that we were able to conceive three new creations: a new version of the one-person show, the construction of an indigenous mat hut, and the development of a short documentary honouring aspects of the Kamiesberg heritage.

Theatre gives you more freedom to think outside the box, but the most important element is how theatre and stories can bring a live audience closer to one another in a more intimate way. Theatre also means a great deal to the people who create it – because the story stays with you for years.

I am excited about the future of theatre, even though I am still a newcomer when it comes to the stories about the identity and heritage of the Kamiesberg and Namaqualand that I still want to tell.

What lies ahead for the Kraal team (the production company)? Do you have some big dream?

Kraal is a movement towards more inclusive stories that connect us all with one another. We are guided by our intuition and we keep listening to the stories that are carried on the wind.

Anything else you would like to share with viewers?

Al wat ek weet pays homage to the colourful personalities of us as people – people full of heart, pride and passion. Benjamin Jephta’s original soundtrack, inspired by the Cape Minstrels and his own jazz language, will stay with audiences for a long time. The film handles serious themes with sensitivity, but it is also full of fun and humour – and it is our love letter to Huri ǂOaxa (Table Mountain) and the people she protects.

With the adaptation of Marita van der Vyver’s young adult novel Al wat ek weet, the award-winning filmmaker duo Devon Delmar and Jason Jacobs have not only departed from their focus on original stories, but have also shifted from the rural setting to the city – specifically Cape Town.

After the death of his mother, teenager Gabriel (Jonan Mouton) lives with his aunt Lotta (Zenobia Kloppers) and grandmother Lenie (June van Merch) in Springfield Terrace in Woodstock. Due to his attitude, he pushes people away, and in therapy he suppresses his grieving process by focusing on fantasies instead. His life veers in a new direction after he meets Sasha (Antoinette Myburgh). To impress her, he decides to enter a national poetry competition – now he just needs to write the poems…

Al wat ek weet is the duo’s third feature film. The others are the award-winning Carissa and Variasies op ’n Tema.

SOUTH AFRICAN FILMS